Engagement

Chantel & Rigard - Love & The City

If at any time during your day, you catch a glimpse of Table Mountain, you know how lucky your are to be living in one of the world’s most beautiful cities. Last year Cape Town was named World Design Capital 2014. How exciting! Also, the cherry on top, Table Mountain was voted one of the 7th wonders of the world.

Rigard, asked Chantel to marry him on top of Table Mountain. Imagine telling your grandchildren you got engaged on top of one of the seven wonders of the world.

Inspired by Cape Town and it’s creative vibe, we set out and explored our city. Rigard, is a fellow professional photographer and he scouted the different locations for us. Each location reminded me of a different city. Cape Town is filled with surprises.

Chantel and Rigard is such a beautiful couple, they are laid back and a lot of fun to be around. It is always special to witness true love. I can’t wait for your wedding!

Extra film photos of Chantel & Rigard.



Mexico
























Cape Town


















San Francisco



























Hawaii





















California







































New York





















































My Great Web page

Celebrate Love - Heart the Desert Rose Project



It is the First day of the second month of 2012. We have settled in and found our groove. February is the month of Love and the time to show your love to the people closest to you or to the clients that Love you.

To celebrate the month of Love, Tendai & I, decided to run our special on the Desert Rose Hangers. Buy any two hangers and receive a free heart hanger.

This special promotion will run until the end of February 2012.

My Great Web page

Preview - Chantel & Rigard










My Great Web page

Nicole & Jaco

Die eerste keer wat ek vir Nicole en Jaco saam ontmoet het vir hulle verlowingsfoto’s het die wind besluit om Philadephia te kom deurmekaar waai. Maar dit het hulle nie gepla nie, hulle het net by een van die restaurante gaan sit en ‘n vonkelwyntjie geniet. Wat ‘n great manier om die lewe te benader.

Nicole & Jaco is twee mense wat saam ‘n reus vorm. Klink snaaks, maar dit is so. Mens kyk op na hulle, nie omdat Jaco lank is nie, maar omdat daar ‘n groot liefde tussen hulle is. Die foto met die local in die agtergrond is ingesluit vir ‘n rede. Hy het heeltyd gesmile, en ek het agter gekom dit is omdat Nicole en Jaco se duidelike gelukkigheid hom ook geraak het.

Jaco hou nie baie daarvan om voor ‘n kamera te wees nie, maar ek kon sien elke oomblik saam met Nicole was vir hom spesiaal. Daar was ‘n oomblik waar ek gevoel het ek moes dalk my kamera wegdraai, omdat dit net hulle sin was. Jaco het tot later by hulle “Mexico” foto’s vir Nicole gesê hulle moet nog ‘n soen-foto doen.

Dit was nou vir my ‘n lekker middag in een van my gunsteling dorpies. Dankie julle!






























































































Mexico :)






Nog ‘n “soen”-foto…


















Fallin & Wesley

Wat my heel eerste opgeval het van Fallin en Wesley toe ek hulle ontmoet het, was hulle genuine glimlagte. ‘n Smile kan soveel goed beteken, maar ‘n opregte een is werklik verwelkomend.

Ons het besluit om by Klapmuts, naby Stellenbosh, te gaan skiet vir ‘n teenoorgestelde lokasie as waar hulle gaan troue hou. Dit was ‘n lekker warm middag met baie ‘locals’ wat kafee toe geloop het vir yskoue koeldrank. Toe ons op die kafee se stoep foto’s geneem het, het ‘n jong meisie agter my kom staan en gevra of hulle besig is met ‘n liefdesboek. Oppad huis toe het ek gelag daaroor, maar weer gedink, dit is nie regtig snaaks nie. Dis waar! Elke paartjie het ‘n liefdesboek. God skryf die voorwoord en die paartjie skryf die res.

Ek is mal oor Fallin se oorbelle.

Fallin en Wesley, julle liefdesboek gaan defintief ‘n best seller wees.

PS: Jacques, my verloofde, dankie dat jy my swaar kamerasak gedra het.


























































Kyk wie loer daar in die agtergrond :)

























































Tania & Jay

Die eerste aand wat Jay vir Tania ontmoet het, het hy geweet sy is sy trouvrou. Hulle talent en liefde vir musiek het hul paaie laat kruis en so het hulle storie op ‘n mooi noot begin.

Tania & Jay is dié “chillste” mense wat jy ooit sal ontmoet, hulle is op hul gelukkigste by die huis en love dit om saam met familie en vriende lekker te kuier.

Ek wens vir julle ‘n gelukkige huwelik gevul met vreugde, ware geluk en sommer baie liefde. Onthou altyd ‘n liedjie is nie ‘n liedjie sonder die woorde en musiek nie. ;)

I’m gonna love you each and every day.
You can feel the beat within my heart.
Realize, sweet babe, we ain’t ever gonna part.” - Led Zeppelin
































































































































































Rock & Roll!!!









Dankie aan Laborie Wynlandgoed, KWV Kelders & McDonalds Paarl.

Maryke & Jeandré

Oorspronklik was Bloubergstrand die keuse gewees vir Maryke & Jeandré se verlowings sessie, dit was die plek waar hulle verloof geraak het, maar toe waai dié Kaapse wind ons Durbanville toe. Dit was ‘n heerlike middag, vol verrassings, siende dat ons net lekker rond gery het en by verskillende plekke gestop het vir foto’s.

Maryke is ‘n stil mens en Jeandré is weer die grapkas, perfek vir mekaar. Wat ook vir my baie oulik was, is dat Jeandré baie beskermend en besorgd oor Maryke is. Asof hy ‘n vlinder in sy hande hou. Klink dalk cliché, maar ek is ‘n hopeless romantic. Dis mos liefde daai.


































Op die plaas kerkie se trap.





















Jeandré, die grapkas…

























































Dankie aan die horse whisperer wat dié twee beauties nader geroep het.







































Maryke het hier begin afgely teen die grondwal, gelukkig was Jeandré daar om haar te vang.









Wikkie, dankie dat jy my ge’assist’ het.

Melissa & Jackie

As die maan net ‘n busrit ver was, dan het ek seker daar Melissa & Jackie se foto’s gaan neem. Dié paartjie gee nie om waar hulle is nie, net so lank hulle saam daar kan wees.

Durbanville was ons speelgrond vir hulle verlowings sessie en het ons ‘n lekker tyd gehad. Arme Jackie het al die begin van die rugby gemis, want niemand het die tyd dop gehou nie. Dis altyd lekker vir my om nuwe mense te ontmoet en met my werk is dit gereeld en dis altyd interessant om te sien hoe paartjies met mekaar is. Melissa is baie stil, maar ‘n regte beauty, Jackie het net oë vir haar. Letterlik. Daar was ‘n stadium wat ek amper begin huil het omdat hulle ‘n moment gehad het. Dit was asof Jackie net weer besef het, WOW, kyk my verloofde!

Melissa & Jackie, baie geluk met julle verlowing. Ek sien baie uit na julle troue.
































































Die wind het heeltyd Melissa se hare in Jackie se gesig gewaai.





































































Hier is daai moment waar ek ampers gehuil het…






























Marisan & Charles

African drumming, ‘n Hummer limo, winkelpoppe, ‘n sak vol props, ‘n huge tekkie, ‘n groep toeriste en ‘n polisie kar…. dan weet jy, jy het ‘n great middag in Stellenbosch gehad. En dit alles saam met Marisan & Charles, ‘n ongelooflike couple!

Marisan en Charles was reg vir enige iets en het selfs ‘n sak vol ‘dinge’ saam gebring vir hulle verlowings shoot. Waarvoor kan ‘n fotograaf meer vra? Hulle straal gelukkig- en gemaklikheid uit en het my soos familie laat voel. Hulle het my tot genooi vir ‘n paintball game in Desember. (Seker om my nou te “shoot”.) Ek sien baie uit daarna.

Marisan & Charles, baie geluk met julle verlowing, dit is duidelik julle is gemaak vir mekaar.

PS: Baie dankie aan Dedri wat so gaaf was om my kamerasak deur die hele Stellenbosch te dra.










Dié regte Skillie kon ongelukkig nie die shoot maak nie, toe staan die outjie in.



























Dié groot vraag… Canon of Nikon?! (Nikon natuurlik!!!)





















































































































Charles noem Marisan sy Varkie :)




Nie die einde nie, net die begin…. troudatum - 26 Maart 2011.