Daar is iets baie kosbaars aan ‘n pa en dogter verhouding. Ek was bevoorreg genoeg om een pa se twee dogters se troues af te neem. Elke troue uniek aan elke dogter, maar ook so eenders met liefde en ‘n oorvloed van trots van hul pa. Natasha, Bianca se ouer suster, het laasjaar getrou. Nee, hulle is nie ‘n tweeling nie, maar hulle is so close aanmekaar.

Bianca & Arthur se dag was van begin tot einde ‘n belewenis. Van die spook by die gastehuis tot die lantern wat hulle 00h45 laat gaan het om die verlede agter te laat en die begin van hulle toekoms te simboliseer. Omdat ek Bianca se familie leer ken het van Natasha se troue af, was dit maar moeilik om nie saam emosioneel te raak op oomblikke soos toe Bianca haar trourok aantrek, toe sy by die troukar uitklim en haar pa omhels, toe Arthur met bewondering na haar kyk toe sy by die kerk padjie afkom en my gunsteling, hulle gesigte toe hulle vriende hulle verras het met ‘n “flash mob”. Dit wys net hoe awesome die twee mense is, dat hulle vriende vir drie maande elke Woensdagaand geoefen het om hulle groot dag nog meer spesiaal te maak.

Ek wil sê tema lied van die troue, maar dit is ‘n understatement. Die kreet van die troue was Journey se “Don’t stop believin’”. Die woorde inspireer ‘n mens om voluit te leef en dat mens altyd moet aanhou glo.

Working hard to get my fill,
Everybody wants a thrill
Payin’ anything to roll the dice,
Just one more time
Some will win, some will lose
Some were born to sing the blues
Oh, the movie never ends
It goes on and on and on and on

Don’t stop believin’
Hold on to the feelin’

Bianca & Arthur, ek wens vir julle oneindige geluk in julle huwelik. Julle twee is opregte mense en om julle af te neem was ‘n voorreg. Dankie dat ek kon deel wees van julle troudag.

PS: Dankie aan Retha Ferguson wat my geassisteer het. Jy is ‘n baie talentvolle fotograaf.

View Part 1









































































































































Flash Mob :)
































































SERVICE PROVIDERS :
Wedding coordinator: Janine van Tonder - Prickly Pear

Wedding Dress: Elizabeth Stockenstrom

Suit maker/shop: Tidy Tucs Tailor

Stationary: Lezanne’s Designs

Flowers: Janine van Tonder - Prickly Pear

Make up: Make-up Worx - Colette Boshoff 074 203 8348

Hair: Liezl Visagie 0844117592

Videographer: Dutch Tulip Productions

Photographer’s Assistant: Retha Ferguson

DJ: Sound Print

Wedding Cake: Mila The Cakeshop

Hanger & Wire lettering: The Desert Rose Project

Info/expo’s/magazines etc. for other brides: Wedding Expo’s and be creative by yourself.

What every bride should know/know about/remember: Enjoy every moment because it’s over to soon, forget about fighting and love every second!


My Great Web page